Hoër lone speel kernrol in armoede-verligting

Presidentsvrou Monica Geingos sê daar is ‘n dringende behoefte vir die private sektor om aan werknemers noodsaaklike voordele te verskaf terwyl arbeidskenners werkgewers versoek om salarisse te betaal relatief tot die huidige ekonomiese situasie. Die onlangse verhoging van die repokoers deur die Bank van Namibië tot 7,75 persent het meer uitdagings tot die ekonomiese landskap gevoeg met. Ander stygings sluit in kospryse en elektrisiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch, gesels wat sê dat hoër lone deurslaggewend is om armoede te bekamp en ekonomiese herstel te stimuleer.