Highlanders klop die Western Force

Die Highlanders het die Western Force met 25-15 in Perth geklop in ‘n wedstryd in die Super-kompetisie tussen Nieu-Seeland en Australië. Jona Nareki, Ayden Johnstone en Scott Gregory het drieë in die eerste helfte gedruk. Die span bly op die wenpad nadat hulle verlede week ‘n weghol-oorwinning van 40-19 oor Queensland behaal het. In nog ‘n wedstryd het die Hurricanes die Melbourne Rebels met 35-13 geklop.