Jongste oor staking by die NBC

Die raad van die NBC het in ‘n nuusverklaring bekendgemaak dat 172 personeellede van die openbare uitsaaier reeds weer hulle dienste hervat het en nie op die oomblik deelneem aan die huidige staking nie. Volgens die verklaring beloop die verlies asgevolg van die staking reeds nagenoeg 6 miljoen doller. Drie radiostasies, National FM, Tirelo Ya Sechaba en Omurari FM is weer terug op die lug .Die raad het nie stakende lede bedank en het weer ‘n beroep op stakende lede gedoen om hulle dienste te hervat, en ook hulle korporatiewe vennote en die publiek bedank vir hulle geduld.