Inflasie kniehalter Argentynse beesuitvoere na China

Veeboere in Argentinië het betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent gestyg het. Volgens kenners het die hoë koste van beesvleis wêreldwyd gelei tot ‘n tekort aan slagpalewerkers asook stygende voerkoste.