Hidrologiese Dienste maan gemeenskappe langs Zambezi- en Okavangoriviere

Ná die Zambezi- en Kavango-streke die naweek volgens die Hidroloigese Dienste van Namibië reën ontvang het, het die Zambezirivier se vlak vanoggend by Katima Mulilo op drie meter gestaan. Die Okavangorivier by Rundu se vlak het vanoggend 5,25 meter gemeet en die watervlak is relatief hoër as in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die dienste waarsku gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees met die weerkantoor wat weer vir die Zambezi- en Kavango-streke enkele tot verspreide donderstorms voorspel.