Boekbekendstelling oor grondwetlike mensereg van water Donderdag

Die boekbekendstelling van dr. Ndjodi Ndeunyema se nuwe boek, Re-invigorating Ubuntu Through Water: A Human Right to Water under the Namibian Constitution, vind Donderdagaand vanaf ses-uur by die Jakob Marengo-kamers in die hoofstad plaas. ‘n Paneelbespreking sal onder die vaandel van die Vereniging van Advokate van Namibië plaasvind en fokus op die bekragtiging van die grondwetlike humanitêre reg van water in Namibiëse howe. Dr. Ndeunyema, advokaat Albert Boesak en Regter Thomas Masuku is op die paneel.