Hervestigingskriteria word aangepas, ministerie raadpleeg

Die grondhervorming-ministerie is besig met raadplegende vergaderings in die streke oor die hersiening van die Hervestigingskriteria, wat uit 2001 dateer. Sy laaste vergaderings word vandag en Vrydag in die Khomas- en Hardap-streke gehou. Vandag se vergadering vind by Roof of Africa in die hoofstad plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se openbare betrekkingebeampte, Simon Nghipandulwa, gepraat om meer lig op die vergaderings te werp.