Hentiesbaaiers môre uitgenooi na Unam Cares-inentingskliniek

Die Unam Cares Covid-inentingskliniek is slegs vir een dag môre op Hentiesbaai by die gemeenskapsaal vanaf tien-uur die oggend tot vier-uur die middag oop. Inentings van slegs eerste dosisse van die entstowwe Sinopharm en AstraZeneca is beskikbaar. Dr. Rachel Freeman van die Universiteit van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Hentiesbaaiers welkom is om die kliniek te besoek om ingeënt te word.