Henry Seibeb van LPM sê eerste minister moet bedank

Henry Seibeb van die Landless People’s Movement sê die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila verpersoonlik die diefstal van openbare hulpbronne op industriële skaal en moet onmiddellik bedank of deur President Hage Geingob afgedank word. Hy sê sy moenie naby die staatskas of openbare hulpbronne kom nie, want haar tydperk van 14 jaar as finansminister en tans as eerste minister, word deur skelm transaksies gekenmerk. Sy uitlatings volg ná berigte oor die eerste minister se man, Onesmus Tona Amadhila, se lenings van sowat 180 miljoen Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Namibië.