Olie- en gassektore word in bouplanne weerspieël

Volgens Simonis Storm se jongste boustatistieke het bouplan-goedkeurings in Windhoek en Swakopmund in April met 18,6 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem. Tussen Januarie en April is gemiddeld 205 bouplanne per maand goedgekeur, vergeleke met gemiddeld 199 per maand gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor die verhoogde vraag na eiendom en stygende eiendomspryse in die kusstreke en die Suide.