Henk Lategan verloor sy algehele tweede plek in Dakar

Motorsport: Die Dakar-ren in Saoedi-Arabië het vandag vir Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings, hard in die stof laat byt. Hulle het hul tweede posisie op die algehele ranglys afgestaan aan Lucas Moraes van Overdrive Racing in sy Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy het ’n beter dag gehad met hul sewende plek. Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was agtste vir die dag en behou hulle voorloper-posisie op die algehele ranglys met meer as ’n een uur en 21 minute. Henk Lategan vertel van hul rowwe dag…