Namibiese ekonoom sê inflasie gaan aahou styg

‘n Namibiese ekonoom gee sy vooruitsigte op die Bank van Namibië wat sy eerste monetêre beleids-aankondiging vir die jaar op 15 Februarie sal maak. Die repokoers is in Desember 2022 met 50 basispunte van 6,25 persent tot 6,7 persent verhoog. Verlede jaar het die sentrale bank die repokoers met altesaam 300 basispunte of drie persent verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Cons Karamata gesels oor wat sy beskouing vir die hele jaar is met inagneming van stygende inflasie.