Tim Parkhouse bring hulde aan wyle Daan Strauss

Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, het sy hartseer uitgespreek oor die heengaan van sy opvolger, Daan Strauss. Hy is vanoggend ná ‘n lang siekbed oorlede. Strauss het sedert Januarie 2020 as sekretaris-generaal van die vereniging gedien en was ook in die verlede by PwC Namibia, Institute for Management and Leadership Training en die NBC werksaam. Parkhouse sê aan Kosmos 94.1 Nuus Strauss het diep spore in Namibië getrap en hulde aan hom gebring.