Helalia Johannes eindig elfde in die marathon van 42,2 km by die Olimpiese Spele

Die Namibiese padatleet Helalia Johannes eindig elfde in die marathon van 42,2 km by die spele in Tokio, een posisie beter as haar deelname aan die Londen Olimpiese Spele. Die 40-jarige Johannes se tyd was 2:31:22. Altesaam 88 atlete het die marathon begin, maar 15 het weens die hitte en humiditeit uitgeval, soos Irvette van Zyl van Suid-Afrika. Haar landgenoot Gerda Steyn was 15de. Peree Jepchirchir van Kenia is die wenner met ‘n tyd van 2:27:20.