Belegging in spoorinfrastruktuur verwelkom

Spoorinfrastruktuur het in die begroting 2,5 miljard Namibiese dollar in die huidige boekjaar, en 6,6 miljard dollar oor die mediumtermyn raamwerk ontvang. Verskeie dele van die spoorlyn sal opgeknap word. ‘n Operasionele toekenning sal verdere verligting bied, gepaard met die 2,6 miljard dollar lening van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank wat later vanjaar sal realiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met TransNamib woordvoerder Abigail Raubenheimer gesels.  

Raubenheimer sê spoor bly die eerste opsie vir vervoer van goedere.