Hartlief op dreef vir November teiken vir uitvoere

Die Hartlief-groep, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, is op dreef om sy November-teiken te haal om die Mariental-abattoir, voorheen bekend as Farmers Meat Market, se kommersiële bedrywighede te hervat. Die abattoir is vroeg in Oktober deur die Hartlief-groep oorgeneem en beplan om uitvoer skaapvleis teen volgende maand na Noorweë te stuur. Günter Ling, uitvoerende hoof by Hartlief het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat.