N$15 000 vir een losstaande toilet in Khomas

Die Khomas Streeksraad het sy tender vir 101 losstaande toilette aan Conley Investment vir 1,545 miljoen Namibiese dollar toegeken. Dit beteken elke toilet kos 15 297 dollar. Net drie maatskappye is vooraf goedgekeur maar twee is gediskwalifiseer omdat hulle nie binne die marge van 0 of -10 persent binne die koste wat deur die streeksraad op 1,62 miljoen dollar bepaal is nie. Daar was ‘n totaal van 36 kwotasies wat tussen 1,2 miljoen dollar en 3,87 miljoen dollar gewissel het. Die tender eis die verskaffing, en installasie van die losstaande toilette.