Sunak aangewys, maar hy is nog doodstil

Daar word verwag dat Rishi Sunak, wat vroeër vanmiddag as die nuwe premier van Brittanje aangewys is, binnekort die media in die land, en die wêreld, sal toespreek. Die 1922-komitee, wat toesig oor die Tories hou, het reeds net na drie-uur plaaslike tyd die aankondiging gemaak nadat Penny Mordaunt onttrek het. Sunak het so 20 minute gelede by die partyhoofkwartiere aangekom maar het nog geen openbare aankondiging of toespraak gemaak nie.