Hooggeregshof ook nie gereed vir gayhuwelike nie

Reaksie word ontvang op die mislukking van Anita Seiler-Lilles en Johann Potgieter, beide Namibiese burgers, om hulle gayhuwelike plaaslik erken te kry. REgters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming Chase het die aansoek van die hand gewys eenvoudig om die hoërhof verbind is tot ‘n20-jaar oue beslissing in die hooggeregshof wat gayhuwelike onwettig maak. Maar, die regters het ‘n beroep op die aansoekers gedoen om die hooggeregshof te nader om daardie beslissing te hersien omdat dit tyd is dat Namibië gayhuwelike erken. Frederico Links ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê hy glo nie die land se hoogste hof is gereed vir so beslissing nie.