Hansen bring roerende huldeblyk aan Lynn Swart

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kankervereniging Rolf Hansen het ‘n roerende huldeblyk aan die ontslape president van die vereniging Lynn Swart, wat gistermiddag na ‘n kort siekbed oorlede is, gedoen. Swart was lank by die vereniging betrokke en het in twee ampstermyne as president gedien met twee as adjunkpresident net voor dit. Hansen sê sy was toegewyd en passievol.