Nog vlugte in VSA en China opgeskort

Meer as 2 200 vlugte is gister in Amerika en China opgeskort. Dit was hoofsaaklik weens die tekort aan personeel vanweë bemanningslede wat positief vir Covid-19 getoets het, of in self-afsondering is weens die verspreiding van die Omikron-variant. Volgens Flightaware.com wat die vertrek en kansellasies van vlugte monitor, is die meerderheid van die vlugte wat gister opgeskort is, van Chinese lugrederye, insluitend China Eastern wat meer as 420 gekanselleer het. Die Amerikaanse rederye wat die ergste geraak is, is United and JetBlue.