Spencer is na ‘n jaar steeds vermis – polisie vra gemeenskap se hulp

Dit is vandag ‘n jaar sedert Spencer Mandela Nakale, drie jaar oud, spoorloos verdwyn het vanaf Area 7 op Lüderitz. Volgens die Namibiese polisie, is daar geen leidrade nie al is ‘n in diepte ondersoek gedoen. Klein Spencer se spore is tot by die teerpad gevind en het daar doodgeloop. Intensiewe soektogte het niks opgelewer nie. Die Karas streeksbevelvoerder, Adjunkkommissaris Chrispin Mubebo het in November aan plaaslike media bevestig dat die ondersoek voortduur maar daar is geen nuwe inligting nie. Die Nampol woordvoerder Elifas Kuwinga het die publiek daaraan herinner dat daar ‘n 50 000 dollar beloning is en mense met inligting gevra om na vore te tree.