Sudan kry nog 72 uur se skietstilstand

Strydende faksies in Sudan het die skietstilstand van 72-uur wat Donderdagaand sou eindig, met nog drie dae verleng. Dit volg ná intensiewe diplomatieke pogings deur buurlande, asook Amerika, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies. Die vorige skietstilstand het duisende mense toegelaat om na veiligheid te vlug terwyl tientalle lande, insluitend Suid-Afrika, hulle burgers uit die land ontruim het. Minstens 512 mense is dood in gevegte tussen die Sudannese weermag en sy paramilitêre teenstander, die Rapid Support Forces.