Haïti-aardbewing het 1,2 miljoen geraak

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, beraam dat ongeveer 1,2 miljoen mense, onder wie 540 000 kinders, deur die kragtige aardbewing geraak is wat Haïti Saterdag getref het. Minstens 1 941 mense is dood in die aardskudding met ‘n meting van 7,2 en meer as 9 000 is beseer. Altesaam 30 000 mense is dakloos gelaat. Unicef se verteenwoordiger in Haïti, Bruno Maes, sê groot getalle gesinne wat alles in die aardbewing verloor het, leef nou letterlik met hul voete in die water nadat oorstromings die eiland intussen ook getref het.