Navo blameer ook Afghaanse-regering

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, sê hy is baie bekommerd oor die hoë vlakke van geweld in Afghanistan tydens die Taliban se oorname. Dit sluit aanvalle in op burgerlikes, moorde op spesifieke mense en berigte van verskeie ander ernstige menseregte-skendings. Navo het die land sedert 2003 beset, maar het operasionele gevegte in 2014 gestaak om hulle aan die opleiding van Afghaanse magte te wy. Die organisasie se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê die mislukking van die Afghaanse leierskap het aanleiding gegee tot die tragedie wat tans afspeel: