Hage oor Oos-Europa en hoekom ons buite stemming gebly het

Die Swapo-regering het gebuk gegaan onder kritiek dat hy buite stemming gebly het tydens die Verenigde Nasies se resolusie wat Rusland se inval in die Oekraïne veroordeel en kenners meen dit weerspreek die land se waardes waarvoor geveg was tydens die land se vryheidstryd. In ‘n onderhoud met Al Jazeera het President Hage Geingob sy administrasie se standpunt in die verband so verwoord.