Brandstofprys in Namibië word op infrastruktuur, nie afstand, bepaal nie

Vrae het ontstaan oor die verskillende petrolpryse wat van toepassing is op verskillende dorpe in die land. Die prys spring met 7 sent per liter van Walvisbaai na Swakopmund maar, styg met 4 sent tussen Okahandja en Windhoek, wat dubbel so ver is. Kosmos 94.1 Nuus het die petroleumkommissaris Maggy Shino gevra oor hoe dit bereken word.