Guterres loof Indië se eerste sonkrag-gedrewe dorp

Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Indië se eerste sonkrag-gedrewe dorp stel ‘n voorbeeld van versoening tussen die mens en die aarde. Guterres het tydens ‘n besoek aan Modhera, Gujarat, gepraat. Die sonkragprojek, wat verlede jaar van stapel gestuur is, verskaf meer as genoeg hernubare krag aan duisende inwoners om hulle huise aan die gang te hou. Guterres sê die dorp het nou sowat 12 hektaar onder sonkrag en panele op die dakke van sowat 1 300 huise: