Ramaphosa sê vanaand oor staatskaping

President Cyril Ramaphosa spreek Suid-Afrika vanaand toe oor sy reaksie op die aanbevelings van die staatskapingsondersoek. Die Presidensie sê Ramaphosa gaan die stappe verduidelik wat die regering gaan doen om staatskapers vas te vat. Hy sal ook praat oor die hervormings om staatkaping in die toekoms te verhoed, asook breër stelselhervormings wat uit die werk van die kommissie voortspruit.