Springbok-vroue verloor 75-0

Engeland het die Springbokke vanoggend met 75-0 by die Vrouewêreldbeker-kampioenskap in Nieu-Seeland verslaan. Die toernooigunstelinge is nou deur na die kwarteindronde volgende naweek teen Australië. Die onbeholpe Suid-Afrikaners is eenvoudig oorweldig deur Engeland se dertien drieë, ondanks afrigter Stanley Raubenheimer se grootskaalse veranderings aan die wedstrydspan. Die Rooi Rose se oorwinning verseker vir hulle ‘n derde plek op die punteleer ná die kampioene Nieu-Seeland, en Kanada, wat Amerika vroeër met 29-14 geklop het.