Gupta-broers: ANC se onbevoegdheid moenie in die pad van geregtigheid staan nie

Die DA sê hy gaan aan die Suid-Afrikaanse justisieminister, Ronald Lamola, en die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, skryf en vra dat die amptelike uitleweringsversoek van die Gupta-broers dringend in Arabies vertaal word. Lamola het bekend gemaak die Nasionale Vervolgingsgesag is besig om die uitleweringsversoek vir Atul en Rajesh Gupta af te handel waarna die dokument nog vertaal moet word. Die DA-woordvoerder Glynnis Breytenbach sê die regering se onbevoegdheid moenie in die pad van geregtigheid staan nie: