Kabinet gee opdrag vir wysiging op wet wat beslaglegging van wonings toelaat

Die Namibiese kabinet sê hy neem kennis van die voorstelle na samesprekings met belanghebbendes met die Bankiersvereniging van Namibië en die Regsvereniging van Namibië in verband met die beslaglegging van primêre wonings na ‘n verstekvonnis in die mosiehof. Volgens die kabinet se beslissings, is ‘n riglyn aan die ministerie van justisie gestel om saam met die kantoor van die prokureur-generaal aanpassings te maak om die kwessie aan te spreek. Die mosiehof het weekliks talle eiendomme waarop beslag gelê word, somtyds vir baie min uitstaande skuld.