Groot opgewondenheid aan die kus

Voordat President Hage Geingob die nuwe Covid-regulasies bekend gemaak het, het talle besigheidseienaars van die kus gevrees dat die land ingeperk gaan word, wat toe gelukkig nie die geval is nie. Oliver Ahrens van Destination Swakopmund sê met die land wat nie ingeperk is of ‘n aandklokreël het nie, is hulle baie optimisties oor die feesseisoen. Ahrens sê hulle sien uit na ‘n goeie feesseisoen.