4 kinders sterf in springkasteel-ongeluk in Australië

Vier jong kinders is dood en talle ander is beseer toe ‘n springkasteel tydens ‘n skool se jaareind-partytjie in Australië die lug in gewaai het. Volgens die polisie het leerders van ‘n laerskool in die noorde van Tasmanië die laaste week van klasse voor die Kersvakansie gevier toe hulle van ‘n hoogte van sowat 10 meter uit die springkasteel geval het. Verskeie reddingshelikopters en ambulanse is na die toneel ontbied. Die eerste minister, Scott Morrison, sê die voorval is skokkend en hartverskeurend.