Groen-alternatiewe kan Afrika landbou bystaan

Onlangse verslae dui aan groen alternatiewe kan Afrika se landbou-voedselstelsels herskep en beduidende voordele meebring. Omgewingskundiges sê as Afrika se jeug die nodige hulpbronne en geleenthede het, sal hulle waarskynlik die vermoë van boerderygemeenskappe bevorder om aan te pas by klimaatskrisisse. Hulle sê gereelde en ernstige natuurlike gevare het hulpbronne afgebreek en landbou-lewering verminder, wat voedseltekorte veroorsaak. Die jeug word aangemoedig om deel te neem aan navorsing, tegnologiese ontwikkeling, entrepreneurskap, beleid en voorspraak, asook maatskaplike gelykheid wat klimaatsverandering aanbetref.