Kaapse polisie geloof vir optrede teen sigaret-smokkelary

Tax Justice South Africa verwelkom die polisie-optrede teen onwettige handel in Kaapstad. Dit volg nadat wetstoepassers toegeslaan het op onwettige sigarethandelaars. Die organisasie se stigter, Yusuf Abramjee, sê dit is ‘n deurbraak om te sien hoe daar beslag gelê word op duisende sigarette wat verkoop word teen pryse wat toon dat geen belasting betaal word nie. Hy sê Suid-Afrika se onwettige sigarethandel beroof die land van 19 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar: