Griekse brandbestryders veg vir negende dag teen brande

Griekse brandbestryders stry reeds vir die negende agtereenvolgende dag teen die verwoestende brande daar en is heeltemal uitgeput. Daar is ook veldbrande in Algerië, waar daar reeds 65 mense dood is, en in die suide van Italië, wat deur droë en warm weerstoestande vererger word. Baie lande rondom die Middellandse See – van Turkye tot Tunisië – het die hoogste temperature in jare ervaar. Dit alles terwyl die Verenigde Nasies se paneel vir klimaatsverandering in ’n verslag aangedui het dat die wêreld se temperatuurvlakke baie naby aan ’n onomkeerbare punt is.