Las Vegas gaan veiling van 11 werke van Pablo Picasso hou

Las Vegas gaan in Oktober een van die grootste en belangrikse kunsveilings ooit aanbied wanneer elf werke van Pablo Picasso onder die hamer kom. Dit sal plaasvind twee dae voor die 140ste herdenking van die Spaanse meester se geboortedag. Die kunswerke word al langer as 20 jaar uitgestal by die restaurant Picasso in die stad. Die afslaer Sotheby’s verwag die versameling sal meer as 1,5 miljard Namibiese dollar haal. Dit sluit skilderye en werke op papier in.