Namibië se inflasie vir Julie is vier persent

Namibië se inflasie vir Julie is vier persent, hoër as die 2,1 persent in Julie 2020, maar effens laer as die 4,1 persent van Junie vanjaar. Volgens Cirrus in die hoofstad bly die dryfveer vir hoë inflasie vervoer teen 10,6 persent en voedsel en nie-alkoholiese drank teen 6,1 persent. Op ‘n maandelikse grondslag het pryse met 0,2 persent gestyg, in vergelyking met 0,5 persent in Mei 2021. Robert McGregor, ekonoom van Cirrus, praat met Kosmos 94.1 Nuus.