Griefskrif oor verpligte inentings het al duisende handtekeninge

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede se griefskrif wat verlede week van stapel gestuur is teen die regering se mandaat om inentings verpligtend te maak, het reeds duisende handtekeninge gekry. Die hoof van veldtogte, Gabriel Crouse, sê die “vryheid van keuse”-veldtog weerspieël nie net basiese grondwetlike beginsels nie, maar ook gesonde verstand. Hy sê die gedeeltelike ontbanning van versterkdosisse is ‘n stap in die regte rigting, maar mense moet die vryheid hê om ‘n ingeligte besluit te neem tussen meer soorte inentings en ‘n groter verskeidenheid tydraamwerke vir versterkdosisse. Al wat die regering dan hoef te doen, is om die fokus te verskuif van die toepassing van nuwe druk na die vermindering van rompslomp.