Grammy-drome word waar, sê DJ Black Coffee

Die Suid-Afrikaanse musikant DJ Black Coffee sê hy is oorweldig deur die liefde wat hy ontvang het sedert hy sy eerste Grammy gewen het. Sy album Subconsciously is die naweek by die 64ste Grammy-toekennings in Las Vegas aangewys as Beste Dans of Elektroniese Album. DJ Black Coffee wat in Durban gebore is en wie se regte naam is Nkosinathi Maphumulo is, het gisteraand op die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Hy sê drome word regtig waar: