Graanuitvoere vanaf Odesa sal binne dae begin

Die eerste besendings van Oekraïnse graan kan die Swartsee-hawens binne enkele dae verlaat ingevolge ‘n VN-bemiddelde ooreenkoms om ‘n wêreldwye voedselkrisis af te weer. Volgens die VN se adjunk-woordvoerder Farhan Haq het alle partye hul verbintenis herbevestig na ‘n Russiese missielaanval op die Odesa-hawe. Die ooreenkoms het ten doel om veilige deurgang vir graanverskepings in en uit Oekraïnse hawens toe te laat, wat deur Rusland geblokkeer is sedert sy inval op 24 Februarie.