Protea-vroue fokus nou op Statebondspele

Die afrigter van die Proteas-vrouespan, Hilton Moreeng, sê die veelsydige speler, Marizanne Kapp, sal nie weer by die groep aansluit vir die Statebondspele nie. Sy het weens persoonlike redes die Engelse toer verlaat en huiswaarts gekeer. Suid-Afrika het die T20-reeks met 3-0 verloor, nadat hulle die derde en laaste wedstryd met 38 lopies verloor het. Moreeng sê hulle fokus nou op die eerste groepwedstryd van die Statebondspele, Saterdag teen Nieu-Seeland: