Daar kan nie vertragings wees in geboortesertifikate vir pasgebore babas nie

Daar was klagtes van die publiek dat die Namibiese ministerie van binnelandse sake maande neem om aansoekers van geboortesertifikate te voorsien. Collen Muleke, direkteur van nasionale burgerlike registrasie by die ministerie, sê wanneer ouers om ‘n pasgebore baba se geboortesertifikaat aansoek doen, word dit onmiddellik gegee. Hy het bygevoeg dat diegene wat moet wag, laat geboortesertifikaat-registrasies is van mense is wat nooit ‘n geboortesertifikaat besit het. Muleke het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.