Graad 12’s het vandag klaar eksamen geskryf

Uiteindelik het die graad 12-eksamen tot ‘n einde gekom. Vandag was die laaste eksamendag vir die matrieks met die laaste vakke aardrykskunde en rekenaarstudies geskryf het. Die eksamen sal die graad 12’s se toekoms bepaal, veral diegene wat hul formele tersiêre opleiding gaan begin. Colette Rieckert, besturende direkteur van Windhoek Gimnasium, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die eksamen het goed afgeloop vir die leerders.