Rusland wil Amerikaanse Olimpiese atleet uitruil vir wapensmokkelaar

Rusland wil ‘n Amerikaanse Olimpiese atleet vir ‘n Russiese wapensmokkelaar met die bynaam, die Handelaar van die Dood, uitruil. Die Amerikaanse basketbalster, Brittney Griner, dien ‘n vonnis van nege jaar in ‘n strafkolonie uit nadat sy in Februarie op ‘n Moskouse lughawe betrap is met damphouers wat dagga-olie bevat. Viktor Bout is in 2008 in die VSA in hegtenis geneem vir die verkoop van wapens aan skurklande, rebellegroepe en oorlogsmouse op verskeie vastelande. Die Russiese adjunkminister van buitelandse sake, Sergei Ryabkov, sê die twee lande ondersoek tans ‘n moontlike uitruiling.