Angolese houtskoolwerkers moet by hul konsulaat aanmeld

Die Houtskoolvereniging van Namibië, CAoN, het saam met die Misdaadvoorkomingsforum van die Namibiese Landbou-unie ‘n vergadering met die Namibiese polisie-hoof luitenant-generaal Joseph Shikongo gehad om die uitdaging van Angolese werkers wat nie werkspermitte het nie, te bespreek. Shikongo beklemtoon dat enigiemand sonder ‘n wettige werkpermit wat in Namibië werk as ‘n onwettige immigrant gesien word. Produsente word aangemoedig dat hul Angolese houtskoolwerkers die Angolese konsulaat se kantore in Windhoek, Rundu of Oshakati moet besoek om ‘n dokument te kry wat hulle toestemming gee om in Namibië te werk. Michael Degé van die vereniging, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Angolese werkers in die Namibiese houtskoolbedryf werk.