Skurftesiekte in skole, koshuise onder beheer

Nadat skurftesiekte in Maart in skole in Namibië, uitgebreek het, het dit soos ‘n veldbrand onder leerders in veral die noordelike streke versprei. Intussen het die ministeries van gesondheid en onderwys saamgewerk om die situasie onder beheer te kry. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, sê alhoewel daar weer gevalle van skurftesiekte was, is dit onder beheer.