GIPF-werknemer geskors oor N$124 000-transaksie

Die Staatsinstellings Pensioenfonds sê ‘n werknemer is geskors nadat hy ‘n beweerde twyfelagtige transaksie van 124 000 Namibiese dollar ontdek het. Volgens die fonds se waarnemende uitvoerende hoof, Onno Amutenya, is die werknemer as ‘n voordele-administrateur aangestel. Amutenya sê onetiese gedrag en diefstal word nie by die fonds geduld nie en ‘n ondersoek is van stapel gestuur.