GIPF waarsku teen swendelaars
Die Staatsinstellings Pensioenfonds waarsku die Namibiese publiek om versigtig te wees vir swendelaars wat persoonlike finansiële inligting van sy lede vra om toegang tot hul geld te kry. Die fonds sê die bedrieërs doen hulle voor as sy werknemers of dat hulle vir ‘n bank werksaam is. Die fonds waarsku die publiek om nooit persoonlike inligting, nie eers ‘n ID-nommer telefonies te deel nie en ook, dat hy nooit die tipe inligting op die manier sal aanvra nie.